JOIN OUR MAILING LIST


Ek hou Pa se hand vas
Daar is darem nog 'n asempie oor

Ek help vir ma
Alleen swak, maar saam sterker

Ek sing vir Pa
Die melodie saamgevleg met trane

Ma help vir Pa
My lewensredder

Ek help vir Pa
Hartseer verdrink amper my hele wese

Ons probeer saam
Ons gee ons bes

Ek lees vir Pa
Ons sit almal tesame

Saam stap ons hierdie pad
Ons Simon van Cirene mekaar se kruis

Ek bid vir Pa
Glo dat God ons sal verhoor

Saam vir oulaas
Saam vir hoe lank nog?

Alle regte voorbehou
Back