JOIN OUR MAILING LIST


My gebed was aan die begin
Vir genade
Vir Pa
Vir ons

Tussenin het gebede opgegaan
Vir krag
Vir kalmte
Vir vrede

Gebede, lewenslyne na die Vader
Daarsonder was ek verlore
Sou my te pletter geval het
Veiligheidsnette om te keer

My gebed is vandag
Laat U wil geskied
Ek vra net dat hy nie sal ly nie
Maar nie vir my wil nie

Gebede, lewensnoodsaaklike are
Waardeur krag vloei
Krag van die Bloed van die Lam
Krag waarsonder ons nie sou staan nie

Ek bid dat Jesus Pa sal toevou in sy ams
Dat Pa van Sy teenwoordigheid sal bewus word
Vir U vrede en genade
Wees met hom in hierdie dal van doodskaduwee

Alle regte voorbehou
Back