JOIN OUR MAILING LIST


Almal sê ek sal hom weer sien
Maar hulle verstaan nie
Dis nie hoekom ek huil nie
Ek voel die histerie;
vasgevang in 'n nagmerrie

Daar is geen einde in sig nie
As ek so voel na 1 dag
Hoe gaan ek deur die week kom?
Ek voel hoe die histerie in my opwel;
in my nagmerrie is ek wakker

Geen hoop om wakker te word
En te sê dis maar net 'n slegte droom nie
Dit is werklik
Ek voel hoe die histerie oor die rante stort
sal ek ooit weer kan ophou huil?

Ek kan nie quit nie Here help,
eks swak
Wees my genadig
Help my voor die histerie my verswelg
Waar is U?

Ongesproke reëls
Hy sal nie beter af wees in ‘n hospitaal nie
Is ek selfsugtig?
Hoekom voel ek histeries?
Onthou, moet dit nie wys nie

Wat van ons?
Sal die wonde ooit weer heel word?
Daar is medisyne vir hom
Niks vir my histerie
Kalmte is nou al wat mense wil sien

Maar weer aangaan
Ek weet nie meer nie
Al wat nou oorbly is glo
Glo is die teenvoeter vir histerie
Natuurlik is logika ook altyd teenwoordig

Nog 'n keer probeer
Nog 'n keer opstaan
Nog 'n asemteug
Ek moet die histerie uitblok
Voorgee dat dit nie bestaan

Alle regte voorbehou
Back