JOIN OUR MAILING LIST


Die samelewing verwag van ons om op ‘n sekere manier op te treë
In ‘n voorgeskrewe vormpie te pas
Nie té positief nie!

Negatiwiteit is ook nie aanvaarbaar nie!


Ek haal aan: “Sy is baie negatief;
Moet my nie verkeerd verstaan nie;
Ons het almal af dae”

Pasop as jy stroomop swem!


Hulle sê lag en die wêreld lag saam met jou;
huil en jy huil alleen.

Dit is baie waar;
hoe waar, besef ek nou eers.


Maar die Heer is getrou

‘n Vriendin het eendag gesê eks haar engel wat mens spore trap
Nou besef ek, ek het baie sulke engele in my lewe

Genade van Bo!


Hulle het almal gesigte en name
Elkeen spesiaal op sy of haar eie manier
‘n Stem wat my kalmeer
Drukkies wat my met sterkte vul


Tegnologie ondersteun ook

Wie sou dit kon dink?

Help heelhartig om bemoedigende sms’e af te lewer

‘n Mooi kaartjie op my tafel

Dan is daar natuurlik gebede wat ek nie kan sien nie

Maar anders as die samelewing, dra díe gebede my

Woorde van KRAG:

As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
riviere sal jou nie oorstroom nie


Ek swem stroom op

Die rivier is in vloed

Maar engele en hul gebede swem stuk-stuk saam

En ek sal weer eendag lag! Halleluja!

Alle regte voorbehou
Back