JOIN OUR MAILING LIST


My Pappa is nie meer hier nie
Vandag die doodsertifikaat gekry

Dit maak alles so finaal

Dis asof my kop nie wil werk nie


Alles voel so onwerklik

Tog word jy elke oomblik met realiteit gekonfronteer

Het ek genoeg gedoen
Ek probeer nog steeds


Kierie staan vergete langs sy stoel

Sy bed is leeg

Hy sit nie meer op sy stoel nie

“Tabita ek is baie lief vir jou!”

Ek vergeet goed
Loop
drie keer
Net om daar te kom en nie te onthou nie

Die benoudheid om my hart is weg


Alles in my mis hom

Alles is deurmekaar
Hoe gaan ons sonder Pappa klaarkom?

Alles in my skreeu!

Alle regte voorbehou
Back