JOIN OUR MAILING LIST


Ek is so baie jammer
Kon nie saam met Pa glo
Het nie eens die geloof van ‘n mostertsaad gehad


Terwyl
Pa bly staan het
Het die kanker my platgeslaan

Ek was nog besig om weer my voete te vind

Toe skielik is Pa huistoe

Nou weer terug in die onbekende

Sal dinge ooit weer normaal voel?

Ek kan nie gaan lê nie
Dis nie hoe Pa ons grootgemaak het nie

Ek is so baie jammer


Het ek Pa se voorbeeld gevolg;
wat se hede sal nou wees?

Ek moet glo God se wil het geskied

U wil!

Nie myne nie

Dis al gebed wat reg gevoel het op die end


Ek is so baie jammer

Laat U wil geskied
In die hemel en op die aarde

Alle regte voorbehou
Back