JOIN OUR MAILING LIST


Elke oomblik het toé erg gevoel
Noudat ek terugkyk, was daar net drie ergstes


Toe ek Pa Sondag oggend die eerste keer moes voer

My sterke Pa so sonder krag

Die ander oomblikke het nou vervaag
Onthou kom terug wanneer ek my gedigte lees


Toe ons Pa Donderdagoggend gewas en gesmeer het
My liefste Pa: altyd gelet op jou gewig nou so verskriklik maer

Amper al die oomblikke van stres lyk nou so onbenullig

Sekere dinge leer ‘n mens net deur swaarkry


Toe Pa Donderdagmiddag te vlak asemgehaal het

Logika skreeu dit ten hemele – dis té erg!


Laat elke oomblik vol vreugde wees

Moenie dat kanker ooit weer een oomblik steel nie!


Alle regte voorbehou
Back