JOIN OUR MAILING LIST


Jy wonder seker hoekom die dood nie in die ergstes gelys word nie
Dit was net nie dieselfde nie


Daar is geen gevoel of woord
Tog, daar was


Na die aanvanklike skok

In my hart: Dankie Jesus!

Ek wou nooit vir Pa ‘n lyding hê

Maar nie my wil nie

Die dood van ‘n geliefde

Is nie iets wat ek kan beskryf nie


Ek wou alles in een

Daar was nie genoeg tyd nie


Pa moet onthou om asem te haal!

Afvee met ‘n koel lappie


Sing: As Hy weer kom, as Hy weer kom…
My stem raak weg en die sluise trek oop


Hy is weg

Ek het net geweet


Hy het opgekyk

Ek het sy helderblou oë toegemaak


Sy lyfie was nog daar

Maar Hy was huistoe


Ons moet almal deur díe dal van doodskaduwee gaan

Wat sal jou eindbestemming wees op daardie dag?


Alle regte voorbehou
Back