JOIN OUR MAILING LIST


Nog ‘n dood
Ondersteun mekaar
Onthou net die lewe gaan voort

Om simpatie te betuig
Defnitief nie maklik nie

Amper soos ‘n oerwoud te ruig


Ek voel saam met julle

Het net nie die regte woorde nie

Al wat ek kan doen is om te bid vir julle


Glo die Heilige Gees sal vertroosting bring

Hy weet hoe jul voel

Vertrou op Hom, ek moet aandring


Laat Hy jul dra

Trane afvee

Hy doen dit sonder dat jul vra

Ek is baie lief vir julle almal

Geniet elke dag asof jou laaste

Moenie dat die duiwel mooi omblikke vergal


Kyk uit vir Hom, ja!

As ek jul nie weer sien,
dan sien ek jul da!


Alle regte voorbehou
Back