JOIN OUR MAILING LIST


Ek wou nog Pa se storie skryf
Vertel van grootword en familie

Maar tyd het ons ingehaal


Ek het my memories
Onthou al die lekker saam
Ek sal Pa nie vergeet

Pa het nooit ‘n oomblik gemis

Mense van Jesus vertel

As jy sou sterf, weet jy waarheen jy gaan?


Weet jy, dit maak nie saak
Vandag besef

Pa se storie begin eintlik nou eers


Ek wou Pa se storie skryf

Vertel van vriende en onthou

Maar tyd het ons ingehaal

Sy storie is in die Hemel opgeteken

En sy toekoms is ook daar

Ewige lewe duur gekoop deur die Lam

Saam met Jesus

Vir altyd

Geen pyn en niks meer trane

Hy’t gegaan om vir ons plek te berei

Hy sal ons kom haal

Is jy gereed om huis toe te gaan?

Alle regte voorbehou
Back