JOIN OUR MAILING LIST


Jesus is waarlik getrou
Asem toe ek dink ek versmoor
Kalmte wat alle verstand te bowe gaan


Hy het die pad getrou saam met my gestap

Nog ‘n treë toe ek nie meer kon loop

Het selfs engele gestuur wat mens spore trap


Hy is sterk toe ek swak was

Nuwe moed op moedverloor se vlakte

Krag vir elke minuut


Hy’t my oneindig lief
Deur Sy liefde het ek geslaag

Geduld, verstaan en aanvaarding


‘n Meer getrouer vriend sal jy nie vind
In al my benoudheid was Hy ook benoud
Die besef en bereidheid: laat U wil geskied


Getrou aan Sy Woord

Hy het my nie bo my kragte beproef nie
Beantwoorde gebede toe dit regtig té erg was


Getroue en ware Vriend

Kosbaarder as enige iets anders
Lieflik en gelief!


Alle regte voorbehou
Back