JOIN OUR MAILING LIST


Het jy al ooit daar gehang?
Op die punt van die tou
Nie een enkele sentimeter ekstra

Soos ‘n voël in ‘n kou


Weet jy hoe dit voel op die punt van die tou?

Kan
my nie indink hoe jy moes voel
Weet wel deeglik

ék, was al op die punt van my tou!

Was jy in beheer?

Vir my het dit gevoel eks uitgelewer aan die elemente

Winde wat my uitmekaar wil skeur
Fel sonstrale wat warm brand…water


Het jy durf hoop?

Dis al wat gekeer het dat my tou opraak

Ekstra tou waar daar nie was nie

Hoop vir môre


Weet jy van die vrees wat rondhang by die punt van die tou?

Bang, ja ek was bang
Ek kon dit nou wel nie wys nie
Moes net onthou, U is met my!


Was jou tou geknoop op die punt?

Partykeer dink ek myne was
‘n Knoop vir onthou om vas te hou
Ek is deel van iets groter

Het jy al ooit daar gehang?

Op die punt van die tou

Ek kyk nou met nuwe oë

Vandag is dit ‘n geleentheid vir ‘n wonderwerk!

Alle regte voorbehou
Back