JOIN OUR MAILING LIST


Wanneer ek vandag terugkyk
Lyk ons pad saam, anders
Daar is nie net rotse nie

Maar ook ‘n blommetjie of twee

In die begin van die pad saam met kanker

Het ons geen padtekens gehad nie
Straatligte het ook nie gewerk nie

Gevoel ons pad is op ‘n gevaarlike krans

Later het daar naambordjies verskyn
Alhoewel die tekens nie altyd duidelik nie

Het dit tog gevoel ons is nie meer alleen nie
Iemand loop die pad saam met ons

Nog later het ons sonskyn dae gehad

Ruskampe langs ons pad

Waar ons iets kon nuttig tot versterking

Tydelike verposings van die swaar mis

God het saam met ons ons pad gestap

Alleen sou dit nie moontlik gewees het nie

‘n Helpende hand gestuur

Genade van Bo!


Ons pad saam, ‘n duur les geleer
Ek moet onthou!

Kyk uit vir die blommetjies en rusplekke langs die pad
Moenie dat die rotse jou pad versper


Alle regte voorbehou
Back