JOIN OUR MAILING LIST


Dit wat ek nie in my wildste drome kan dink
Is ‘n ander man se realiteit

Maar vir my bly dit ‘n raaisel

Soms kry jy ‘n blik

In iemand se seer, blydskap en drome

Oor grense heen

Jou realiteit

Is soos ‘n vreemde land

Ander reëls en voorskrifte


My realiteit

Is partykeer so allesoorheersend
Ek sukkel om oor my grensdraad te sien


Grense is belangrik

Maar net tot op ‘n punt

Ek is nie ‘n eiland nie


Soms moet jy oor grense heen

Gaan toer en nuwe dinge ervaar
Net om jou realiteit weer te waardeer


Dankie vir my realiteit

Moeilik soos dit partykeer is

Weet ek, dit is waar ek nou moet wees


My klaskamer vir die hede
Tot ek die les geleer het
Wees dankbaar vir geleenthede om te leer

Dis nie altyd maklik nie

Maar wel lewensnoodsaaklik
Let op in die klas


Daar is nie tyd vir droom nie

Maar vergun jouself die tyd

Om
oor grense heen te kyk

Jouself in ‘n ander se skoene te sit

Net vir ‘n oomblik

Om weer dankbaar te wees vir jou kruis

Alle regte voorbehou
Back