JOIN OUR MAILING LIST


Partykeer verbeel ek my:
Pa sit weer in pa se stoel


Dan die opgewondenheid in my hart

Soos ‘n sonsopkoms


Maak plek vir realiteit en leegheid

‘n Droë dorre woestynlandskap


Pa kom kuier wel

Soms in my drome


Als voel dan so normaal

Soos in die ou dae


Geen kanker skadu

Gesond en vol lewenlus

Te gou terug na die werklikheid

Die son kom op en ek moet opstaan

Tot weersiens Pa!
Dan kuier ons weer saam


Alle regte voorbehou
Back