JOIN OUR MAILING LIST


Vandag het ek weer besef
Daar is soveel om voor dankbaar te wees


Almal vertel van ongeluk wat tref

En tog, hoor jy min van die goeie wat oorwin

Waarop fokus jy?

Dinge om voor dankbaar te wees of sien jy dit nie raak?

God voorsien vir ons mildelik elke dag:

Asemrowende natuurtonele
Beloftes – Hy is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie
Coke Light :)
Daaglikse brood

Engele om ons te beskerm

Familie

Gesondheid is ‘n seën nie te versmaai

Hande gewillig om te help

Influisteringe van die Heilige Gees

Jesus het gegaan om vir ons plek te berei
Keuse om te oorwin of nie

Lewe

Musiek, strelend op die oor

Nog ‘n dag om te verbeter op gister

Oases langs paaie in die woestyn
Plek om my kop neer te lê

Q (elkeen uniek en spesiaal geskape)

Rookvrye werksplek

SMS om jou te herhinner hoe spesiaal jy is
Tyd

Uitgedelgde skuld
Vriende en vriendinne deur dik en dun

Wonderwerk in wording, ons land Suid Afrika

X – het jy al jou kruisie getrek?

Yslike liefde, onbeskryflik groot

Zzzzz (lekker droomlose slaap)


Onthou om dankbaar te wees vir klein dingetjies

Hulle is groter as wat jy dink

Alle regte voorbehou
Back