JOIN OUR MAILING LIST


wat maak saak vir jou?
baie geld of klein dingetjies
klein dingetjies vir my,
onbenullig vir ‘n ander

waardeer ons nog die môredou?
langs jou bed, mooi blommetjies
‘n drukkie onverwags vir my
moenie dat somber jou verander

wanneer laas het jy die son sien opkom
‘n dankie sonder klug
knipoog onverwags
verwerp die wêreld se voorgeskrewe vorm

sê ons genoeg dankie?
‘n hand beskermend op my rug
vir warm snoesige komberse snags
moenie swig voor die storm

klein dingetjies op die einde goud werd
‘n broodjie vir daardie honger kolletjie
vriendelike woorde soos engele kore
saamwees goed vir die gees

wat maak jou lewe die moeite werd?
iemand by jou, ‘n asempie
‘n Redder vir ons gebore
ons het soveel om voor dankbaar te wees


Alle regte voorbehou 

Back