JOIN OUR MAILING LIST


Lank gelede ‘n Bybelverhaal
van ‘n reisiger oorval deur diewe

Hulle het hom vir dood agtergelaat

‘n Goeie Samaritaan het hom uit die dood se kloue teruggevat

Nou wil ek vir jou ons storie vertel

Slagoffers deur kanker oorval
Ook langs die pad agtergelaat

Hy stuur toe vir ons drie goeie Samaritane


Toe ons die einde van ons pad bereik het

Was hulle net daar

Regte engele wat mens spore trap

Onselfsugtig gegee en ondersteun


Met elke drukkie ‘n kragoortapping

Krag vir nog ‘n tree…twee…drie
Gehelp om dit wat moeilik was makliker te maak

Ons was nie alleen nie

Die wete dat Hy iemand gestuur het

Aan ons gedink het

Hy was daar in ons benoudste oomblik

Menslik gesproke… onbegryplik

Drie goeie Samaritane

René, Paula en Fanus

Kanker se slagoffers langs die pad opgetel
Ons gehelp tot by die naaste herberg


Woorde kan nie ons dankbaarheid omskryf

Dankie is net nie genoeg nie
Net God sal jul kan vergoed

Vir jul onbaatsugtige liefdesdaad


As elkeen van ons maar kon;

Een onselfsugtige daad van liefde aan ‘n ander bewys;
Slagoffers op die lewenspad ophelp;
Ons naaste liefhê soos onsself.


Heer, gee ons die moed

Om ‘n naaste op te help wanneer hy val
Saam te stap tot by die naaste herberg

‘n Goeie Samaritaan te wees

Alle regte voorbehou
Back