JOIN OUR MAILING LIST


Ek sou graag soveel dinge wou oordoen
As ek maar kon


Jammer ek het jou nie verstaan nie

Nog ‘n kans asseblief, as ek maar kon


Onkunde het soveel seer veroorsaak

Teruggaan in tyd, as ek maar kon


In jou skoene staan
Net vir ‘n oomblik, as ek maar kon


Beter keuses maak

Minder van my, as ek maar kon

As is verbrande hout!
Terruggaan kan ek nie


Nou kan ek net probeer

Om môre beter te doen

Te verbeter op gister
As ek maar kan


Die hede is al wat ek het

Ek kan, ek glo dit!

Ek bid vir wysheid en insig

U leiding en U wil


Help my om ‘n liggie te wees

Meer van U


Vergewe my

Jammer dat ek U seergemaak het

Raak diegene met trane langs my pad aan
Maak asseblief hul seer weer heel


Alle regte voorbehou
Back