JOIN OUR MAILING LIST


Pa se kanker het ook my berg geword
Die lewe is té kort

Ons is lief om oor ons berg te praat

Eintlik behoort ons met hom te praat


My berg word allesoorheesend
Ek voel soos ‘n kind

Ek wag vir iemand om Pa se berg plat te stoot

Myne… alles te verkrummel tot skroot


Maar dit werk nie so nie

Jy moenie oor jou berg praat nie

Praat met jou berg!

Moenie dat hy jou terg


Kyk jou Goliat vierkantig in die oë
En werp hom in die seë


Maar my konneksie was soek
Díe les was ‘n geslote boek

Boetie het vir my gedemonstreer
‘n Kosbare les geleer

Daar was al baie berge op my pad

Maar die een was hard, kliphard


Bid vir geloof

Hou jou vir die duiwel doof


Kou jou klippe, wroeg

Maar moenie vergeet om hul uit te spoeg

Die lewe is té kort
Moenie oor die afgrond stort!


Alle regte voorbehou
Back