JOIN OUR MAILING LIST |
76. VERJAARSDAGWENS (29 April 2009)
Vandag vra iemand:
“Wat was jou verjaarsdagwens?”
Ek probeer dink
Wat sal ek antwoord?
Kan niks onthou nie!
Niks nie…
Ek het nie ‘n verjaarsdagwens gehad nie
Geen wense vir die jaar
Geen kersies doodgeblaas
Ek vat díe jaar af, miskien sommer twee
Al wat ek wil doen
Is om my gedigte te skryf
Nader aan God te beweeg
Daar te wees vir my dierbares
Ek wil meer doen
Miskien om weer heel te word?
Is ek stukkend?
Nee, ek het net verander
Nou moet ek myself van vooraf leer ken
Ek is die klei en Hy die pottebakker
Wat was jou verjaarsdagwens?
Is jy gereed om te groet?
Ek dink nóu sal ek sê:
“As ek jou nie weer hier sien nie,
dan sien ek jou in die wolke!”
Alle regte voorbehou
“Wat was jou verjaarsdagwens?”
Ek probeer dink
Wat sal ek antwoord?
Kan niks onthou nie!
Niks nie…
Ek het nie ‘n verjaarsdagwens gehad nie
Geen wense vir die jaar
Geen kersies doodgeblaas
Ek vat díe jaar af, miskien sommer twee
Al wat ek wil doen
Is om my gedigte te skryf
Nader aan God te beweeg
Daar te wees vir my dierbares
Ek wil meer doen
Miskien om weer heel te word?
Is ek stukkend?
Nee, ek het net verander
Nou moet ek myself van vooraf leer ken
Ek is die klei en Hy die pottebakker
Wat was jou verjaarsdagwens?
Is jy gereed om te groet?
Ek dink nóu sal ek sê:
“As ek jou nie weer hier sien nie,
dan sien ek jou in die wolke!”
Alle regte voorbehou
Back |