JOIN OUR MAILING LIST |
majestieus troon die berge
die son kruip lui oor die horison
skadukolle lê donker in die vallei
lui om die aand se jas af te skud
daar is nie woorde
swaarkry die mense dra krom
tog vriendelike glimlagte om jou hart te verbly
n welkome gasvrye handskud
brandarm, en tog is hulle ryk
wyd die afgrond tussen arm en weelde
tog vul goue sonstrale elke skadu
seëninge, vrylik vir elkeen beskore
al wat ek kon doen is kyk
jou eie mense vertrap sonder rede
die wêreld soos altyd sku
is gelykheid vir hulle beskore?
van ver af, als prentjiemooi
rowwe pieke troon die lug in
vir n oomblik wil ek vergeet
al die skoonheid indrink
asof in n ander tyd gegooi
die tyd is min
hoor ons hulle kreet
vryheid wat net buite bereik wink
Alle regte voorbehou
Back |