JOIN OUR MAILING LIST


sien jy dit ook raak?
orals om ons leuens oorverdowend
leer die les uit die verlede
niemand bly onaangeraak

ons sal moet bid en waak
klinkende simbale oordonderend
daar is nog hoop vir die hede
dis nog glad nie n uitgemaakte saak

sonder liefde is sonder hoop
dan was en is als tevergeefs
n verlede wat hom weer herhaal
nog sout op ons lippe

moenie saam ons toekoms sloop
vandag bepaal ons more reeds
keer dat ons ons kinders faal
keer vir smart se vingerafdrukke

Alle regte voorbehou 

Back