JOIN OUR MAILING LIST


onmoontlik moontlik

is moontlik vir Hom

 

die berg voor my

in die see gewerp

 

die storm om my

stilgemaak, ons gaan na die anderkant

 

die reuse in my lewe

verslaan, deur die Lam

 

die leeus in die kuil

se bekke gesluit

 

Farao is oppad

na sy dood in die rooi see

 

in die oond gegooi

met ‘n engel aan hul sy

 

vir God is niks onmoontlik

deur Hom is alles moontlik

Alle regte voorbehou 

Back