JOIN OUR MAILING LIST


In my moeilikste tye
Het Hy my wonderbaarlik staande gehou
Nou wil ek vir jou sê

Al sien jy Hom nie, Hy is met jou


Hy vee jou trane af,
soos belowe in Sy woord

Wanneer jy nie meer kan nie,
dra Hy vir jou

My gebed vir jou: geen pyn en benoudheid

Maar ek het geleer,

die beste gebed wat ek kan bid
Heer U wil, nie myne nie!


Ek kan dit nie verduidelik nie
Weet net dat Hy jou nie vir een oomblik alleen sal laat

In die dal van doodskaduwee
of op jou hoogtes


Hy gee engele bevel om jou op die hande te dra

Elke traan van jou opgevang in Sy kruik

Hy is saam met jou benoud,

het klaar die beker gedrink


Mag Hy jou bewus maak van Sy oneindige liefde

Vertroos en weer herstel

Mag jy ook wonderbaarlik staande bly

Totdat Hy ons kom haal.


Alle regte voorbehou
Back