JOIN OUR MAILING LIST


Hê hê hê!
Gee gee gee!

Heer is dit wat ek met U doen?


Nog nog nog!
Meer meer meer!
Is dit die saad wat ek saai?

Almal wil iets hê

Ek ook

Maar wat gee ek terug?

My put raak leeg

Maar U gee lewe in oorvloed

My beker loop oor


Vra ek ook die heel dag?
Werk ek aan my verhouding met God?

Ek het nou gesien ek kan nie sonder Hom nie


Wat jy saai sal jy maai

Dit maak my bang

Heer trek my nader aan U


My gebedjie?

Miskien moet ek maar net die Onse Vader bid

U ken my hart

Help my om U te leer ken
Onderrig my
Leer my om te bid


Want ek kan nie sonder U nie

Sonder U is daar geen sin
Ek hoop op U!

Alle regte voorbehou
Back