JOIN OUR MAILING LIST


ons pad saam
was tydelik
jy het nou al soveel gisters gemis
om nie te praat van die môres wat in die toekoms wink

tyd stap ongenadiglik aan
geen battery kan dit regtig laat staan
gister is reeds verby
môre is ‘n hoop vir iets wat nog moet kom
vandag is eintlik al wat jy kry

mooi loop tot jou laaste hartklop…asem
maak die meeste van jul tye saam
sodat gisters jou herhinneringe word
vir die môres wanneer jy vingeralleen

gebruik die hede en herskryf jou storie
een dag op ‘n slag
sonder jou
met jou
ek mis jou

Alle regte voorbehou

Back