JOIN OUR MAILING LIST


monumente staan orals om ons
skreeu ten hemele
Here wat het ons gedoen

hartseer uitgekerf om ons
verewig in die geskiedenisboeke
Judas wie gaan jy volgende soen

‘n nuwe Judas het ons verraai
ons toekoms verruil vir geld
hoe leef jy met jou gewete saam

gewetenloos word Afrikane afgemaai
doelgerig laat die dood homself geld
onherroeplik skade klaar gedaan

maak tog oop jul oë
sien die monumente raak
verlore seun kom huis toe

sien die lesse raak met eie oë
hoor die hulpkrete
maak die deur vir Judas toe

Alle regte voorbehou

Back