JOIN OUR MAILING LIST


hoe gaan ‘n mens aan
na so ‘n ding
een lewe geneem
ander s’n verewig verander

lê jy nou in die hospital
gevolge wat wyer uitkring
het jy geveg om te leef
jou lewe in ruil vir ‘n ander

stort jy ook ‘n traan
het jy engele hoor sing?
en teruggekom na die seer
wees ons genadig liewe Vader!

Alle regte voorbehou

Back