JOIN OUR MAILING LIST


doodgekap
doodgesteek
doodgeskiet
doodgemartel
doodgemaak

dood, een hartklop te laat
hoekom dan nog spartel?
sing jou doodslied
sodat massas hulle wreek
dit was nooit ‘n grap

doodgetrap
doodversmoor
doodgewurg
doodgeslaan
doodgemaak

trane en spyt te laat
hoekom dan nog sukkel?
geen broederliefde vir ons niet
dit wat nog staan afbreek
wat bring dit jou in die sak?

doodgestenig
doodgebrand
dood, uitgemoor
doodgevonnis
doodgekruisig

na als, wat sal dit jou baat
vrede het reeds begin kantel
gou ‘n gebedjie opskiet
vergeef hul Heer
op hierdie donker dag

Hy moes dood sodat ons kan lewe
opgestaan sodat ons in vrede kan sterf
sodat ons ook kan opstaan
hoop vir ‘n ewige lewe
en vrede op
n nuwe aarde

Alle regte voorbehou

Back