JOIN OUR MAILING LIST


ek het nie ‘n kans gestaan nie
teen ongeloof, dat dit waar was nie

tweede kanse is skaars
joune het jy goed verbrou

myne? wel ek weet nie
sou dit nie regtig ‘n tweede kans noem nie

geen kans, die boodskap eintlik duidelik barbaars
ek het my horende doof gehou

vat ‘n kans, jy weet nooit nie
sal nie weer intuïsie ignoreer nie

baie van ons is bedelaars
vir net ‘n bietjie van jou

verspeelde kanse, rosig beslis nie
moenie liefde systap nie

Alle regte voorbehou

Back