JOIN OUR MAILING LIST


die dood is so finaal
als onherroeplik verby
ek kan jou nie weer kom haal

voel amper of dit te maklik is
kies dood en maak dood
nog ‘n lewe se vlam geblus

hoe gaan jy aan?
kyk jy ooit terug en onthou?
of lewe jy met ontkenning saam?

finaal, onherroeplik verby
my hart breek in ongeloof
jy sal smart se vingerafdrukke by my kry

vergewe en vergeet?
tog het die keuse so maklik gelyk
het jy ooit ‘n gewete wat aan jou vreet?

dood se lys is lank, donker
waar sal jou naam pryk?
as slagoffer of aggressor

Alle regte voorbehou

Back