JOIN OUR MAILING LIST


hier frons mense as jy sê
môre is nog ‘n dag
alles net ‘n dolle gejaag
waarna? ek weet nie

almal wil net meer hê
als moet klaar, vandag
is jy besig om jou lewe te waag?
waarvoor? ek is nie seker nie

Afrikatyd, ek wil daarvan hê
môre is toe nog ‘n dag
moenie dat stres aan jou knaag
vir wie? dit maak nie saak nie

jy moet jou naaste so lief soos jouself hê
kan ons vir môre wag
Afrika se kinders moet saam die toekoms waag
sodat vandag nie ons laaste dag word nie

Alle regte voorbehou

Back