JOIN OUR MAILING LIST


ek moet blinde geloof hê
glo sonder om te sien
verby nuwe simptome kyk

geskiedenis het klaar gesê
my Jesus wat ek dien
sal nie een oomblik van my wyk

nou hoekom dan die angs?
‘n pyn sommer agter my hart
naar op die krop van my maag

ek was al mos hierlangs
die lewe is gewis hard
sal jou om elke hoek uitdaag

ek kies dan om blinde geloof te hê
in die Een wat ek nie kan sien
weier om na die werklikheid te kyk

die werklikheid se bestaan te ontsê
met U word een treë tien
al lyk die wêreld soos ‘n lyk

Alle regte voorbehou

Back