JOIN OUR MAILING LIST


niks bly dieselfde nie
die tyd stap aan
sekondes word minute
minute word ure
dae, weke, maande, jare
een wyser voor die ander

tog, haak jy soms vas
op ‘n plek, vandag
môre word dit gister
tot jy eendag teruggeruk word na die hede
skielik is jy jare agter
asof in tyd stilgestaan

terselfde tyd is jy hier vandag
vandag eintlik al wat jy het
daar sal nog baie water in die see loop voor môre
en na gister kan jy nooit werklik terugkeer nie
belofte vir ‘n ewige lewe
dan maar saam met tyd aanstap tot dan

Alle regte voorbehou

Back