JOIN OUR MAILING LIST


die dood is so finaal
en jy kon niks saamvat nie
jammer vir die oorlewendes
als ontaard in ‘n toutrekkery
nou lê jy daar alleen
ver van almal in jou graf
ai toggie

gesonde verstand het jou verlaat
jy verander in ‘n vraatjie
almal eintlik sterwendes
waarvoor al die bedriegery
die uiteinde almal alleen
terwyl die duiwel lekker lag
ai toggie

op die einde als so banaal
hoekom nie hande vat nie
saamstaan die lewendes
nou mekaar net jammerkry
en steeds lê jy alleen
geen blomme vir jou graf
ai toggie

Alle regte voorbehou

Back