JOIN OUR MAILING LIST


so baie seer om my
so baie dood, die lewe verby
hoe lank moet jy nog ly

nog vertroosting nog rus
wie gaan jou nou aand die slaap sus
wag vir daardie Judas-kus

almal buitestaanders wat na binne kyk
elk een hartklop weg van hul lyk
pasop as die lewe van jou begin wyk

het jy jou al daarby berus
is jou seer al geblus
was jy al by waters van rus

lankal is eintlik nie so lank nie
jou vlammetjie nie nou al geblus nie
eintlik soek jy nog vertroosting nog rus

Alle regte voorbehou

Back