JOIN OUR MAILING LIST


Ons is al so lankal maaikies
Jy is altyd daar wanneer ek jou nodig het
Spesiaal en dierbaar

By jou kan ek ontspan

Geen voorgee of maskers

Net ek wees en dis goed genoeg

Jy weet als wat daar is om te weet
Tog maak dit nie saak nie

Partykeer wonder ek wat jy in my sien

Jy het ‘n hart van goud

Meegevoel vir jou medemens

Onthou om jouself ook lief te hê!


Dankie vir al die deel
Onselfsugtig, sonder verwagting

Vir elke tree saam op my moeilike pad


Ek waardeer jou oneindig baie
Woorde kan nie beskryf
wat jy vir my beteken nie


Heer seën my maaikie

Bewaar hom en gaan hom nie verby

Gee aan hom wysheid en insig, Amen!

Alle regte voorbehou
Back