JOIN OUR MAILING LIST


Ek word bang as ek na als om my kyk
Als so donker, stiknag donker

Wyk satan, wyk!


Onthou die BELOFTE

Fokus op die goeie

‘n Silwer rantjie vir die wolke

Die nood is groot

Maak ek regtig ‘n verskil?
Mense staar in die oë van die dood


GELOOF is al wat keer

Dat ek in ‘n wanhoopsput val

Hou jou oë op die Heer


Hoe doen ‘n mens dit daarsonder?
Waaraan anker jy jouself?

Spartel; of jy gaan onder?


Weier die slegte
Hou jou doof
Onthou die BELOFTE


Hy het gekom vir elkeen
‘n Lewe in oorvloed

Laat Hy jou juk opneem

Werp jou bekommernis op Hom

Moenie langer wag nie

Hy is ons bron


Jou nood

My nood
Die wêreld se brood


BELOFTE gegee en wette ingestel

Onthou om jou saadjie te saai
Dan is jou oes bestel


Dankbaar, ‘n wapen teen wanhoop

Geloof, ‘n teenvoeter vir nood

In Hom is daar hoop!

Alle regte voorbehou
Back