JOIN OUR MAILING LIST


Ma is my Jonatan
My beste vriendin

Vir ma kan ek enige iets vertel

Saamlag lekker uit die maag

Ma bring warmte in my dag

Woorde van LEWE oor my gespreek


Soos ‘n dak oor my kop

Iemand wat dink ek is top

Rus waarvan Psalm 23 vertel


Lekker op my gemak

Herhinner my wat is belangrik

Die regte pad uitgespel


Saam deur dik en dun

My getroue vriendin, my Jonatan

Wie sal eendag vertel?


Gesels lekker saam voor hane kraai

Dieselfde hande mooi
‘n Gedig aan my Jonatan opgedra


‘n Geduldige klankbord soos min

My eie Jonatan

Van seëninge kan ek vertel


My beker tot oorlopens toe vol

Soos strelende musiek my kamer vul

Ooswes, tuis bes het ek al baie gesê

Hou my voete vasgeanker op moederaarde

Saai moederliefde
Ek lief ma! He’k ma vertel?


Alle regte voorbehou
Back