JOIN OUR MAILING LIST


WANNEER ONS OP GRAFTE DANS

wat het van ons menswees geword?
wanneer ons op grafte dans
‘n teken van die tye vandag

vreugdekrete toe jy na die hiernamaals vort
ons verlustig, wanneer die lewe uit jou pars
sonder dat jy dit sou verwag

die lewe ongenaakbaar hard
en mense maak dit nie makliker
kyk of ons mekaar voos kan boelie

voel ons harte? ‘n ander se smart
was jy dalk al ‘n slagoffer?
as jy op grafte dans, moenie!

wanneer ons op grafte dans
verbrand t-shirts met jou gesig
mense toi-toi en lag

die uiteinde dalk ‘n doodskrans
sal iemand dan ook oor ons dig?
ons suffer terwyl jy smag na mag

wat het van ons menswees geword?
wanneer ons op grafte dans
‘n teken van die tye vandag

hartverskreurend toe jy skielik skort
ons treur saam tydens jou doodsmars
vingerafdrukke van smart in plek van lag

Alle regte voorbehou

Back