JOIN OUR MAILING LIST |
84. VERLANGE (10 Junie 2009)
Ek het van Pa gedroom
Was ekstaties bly om Pa te sien
Maar die wete was daar
Dit was net ‘n droom
Hoe verwoord mens verlange?
Die trane wat agter my oë begin brand?
Wanneer die gevoel te veel word en jy jou lippe saampers?
‘n Gemis wat nie minder word nie
Maar dis net gevoelens
Geen woorde kan verlange regtig beskryf
Mense wil dit ook nie nou hoor nie
Ek moet net aangaan met die lewe
Aangaan, terwyl ek nie woorde het nie
Woorde vir dit wat ek voel nie
Een troos: Jesus weet
Hy het die beker gedrink
My hart is net seer
Vol verlange vir my Pa
Ek moenie dink nie
Dan word ek bang vir al die ellende
Sal maar hoop vir nog ‘n droom
En wanneer ons weer in die wolke ontmoet!
Ek het van Pa gedroom
Wou net vir Pa ‘n drukkie gee
Alle regte voorbehou
Was ekstaties bly om Pa te sien
Maar die wete was daar
Dit was net ‘n droom
Hoe verwoord mens verlange?
Die trane wat agter my oë begin brand?
Wanneer die gevoel te veel word en jy jou lippe saampers?
‘n Gemis wat nie minder word nie
Maar dis net gevoelens
Geen woorde kan verlange regtig beskryf
Mense wil dit ook nie nou hoor nie
Ek moet net aangaan met die lewe
Aangaan, terwyl ek nie woorde het nie
Woorde vir dit wat ek voel nie
Een troos: Jesus weet
Hy het die beker gedrink
My hart is net seer
Vol verlange vir my Pa
Ek moenie dink nie
Dan word ek bang vir al die ellende
Sal maar hoop vir nog ‘n droom
En wanneer ons weer in die wolke ontmoet!
Ek het van Pa gedroom
Wou net vir Pa ‘n drukkie gee
Alle regte voorbehou
Back |