JOIN OUR MAILING LIST


Jesus het die beker gedrink
Al die sonde en seer op Hom geneem
Wanneer ek nou daaraan dink
Kan
ek nie ophou huil nie

Hy het die beker gedrink
My seer en swaarkry
Kan
onmoontlik opweeg
Tog was Hy bereid


Ek weet nie eens of ek die beker sou kon vashou nie

Aan die anderkant het ek wel uitgekom

En tog het ek in ‘n mate gefaal

Was ek regtig bereid?


Dat Hy die beker gedrink het,
vertroos my

Maar hoekom?

Omdat Hy weet hoe ek voel?

Jesus het die beker gedrink
vir my
Vir jou,
vir elkeen van ons

Agape liefde, omdat Hy ons so lief het,
voel ek vertroos


Hy vra nie dat jy die beker drink nie

Net dat jy jou kruis opneem

En Hom volg

Nie my wil nie, maar U wil

Onthou, Hy het klaar die beker gedrink!

‘n Duur prys betaal
Met Sy bloed
Vir jou en my vrygekoop

Alle regte voorbehou
Back