JOIN OUR MAILING LIST


wat maak jy as vrees aan jou deur klop
niks, jy doen niks, net mooi niks
kyk anderpad en hoop hy hou op klop

die trane lê vlak en jou hart benoud
allerhande planne maal deur jou kop
op die ou einde soos n vuur met nat hout

klop, klop, klop, tok, tok, klop, klop
“maak oop die deur” sê vrees soos wolf
as jy oopmaak is jy kniediep in die sop

die gevoel oorweldig en jou asem voel swaar
maar so maklik gaan niemand dood nie
hulpkreet: wees ons genadig hier in die donker waar
niks behalwe U ons kan verhoor nie

ek moet sterk wees al is ek op
blindelings op U vertrou – geen wapen
ek vra vir Genade onverdiend, ek vra hou op klop

klop, klop, klop, tok, tok, klop, klop
nog iemand anders wat klop
belofte vir ‘n fees as ek net die moed het

is ons nie al deur die dal
of dalk was ek nog altyd hier
die donker veilig en bekend
ek moet volstruis, dis al hoe
ek wil skree, nee, nie weer nie

vrees jy kan maar blaas soos wolf
my oë hou ek op die Weg, die Waarheid en die Lewe
laat U wil geskiet, onverdiende genade
klop, klop, klop, tok, tok, klop, klop

Alle regte voorbehou

Back