JOIN OUR MAILING LIST


die lug verander
blou-swart donkerte
met sterrestrepe van bo na onder
streep op streep
asof die lug deurskynend geword het
en jy jou hand kon uitsteek
aan die sterre raak

toe oranje wolke wat borrel
‘n oranje wolkebal
op die horison begin groei
met weerlig, soos lawa
wat woes uitlaan
rooi gesmelte weerligstrale spat
versigtig, nie bang – vreemd aangetrokke

die derde uitspansel kan ek nie onthou nie
‘n droom en tog het tyd
te vinnig verbygesnel
‘n oproep om te vertel
nog ene – 22 minute lank
niemand wou hoor nie
almal te besig, te veel goed

Hy kom, Hy is oppad
en ons is te besig
het nie tyd om stil te staan
die tekens waar te neem nie
die tyd is te min
wie of wat neem jou tyd in beslag
staan stil by dit / diegene wat saak maak

Alle regte voorbehou

Back