JOIN OUR MAILING LIST


mag die Here vir jou ook ‘n Simon van Cirene stuur
wanneer jy in die stof neerval
onder die druk van jou kruis
‘n Simon wat jou kan herhinner
dat Jesus se juk lig is
dat Hy jou kruis gedra het
die beker klaar gedrink het

mag die Here vir jou ‘n Dawid stuur
wanneer jy oorweldig voel
onder deur gevoelens van mislukking
‘n Dawid wat jou kan herhinner
dat ongeag jou foute
Sy genade vir jou genoeg is

mag die Here vir jou ‘n Jonathan stuur
wanneer die viand jou agtervolg
wanneer jy alleen voel en verwerp voel
‘n Jonathan wat jou herhinner
deur dik en dun
dat Hy ‘n ware vriend is
dat Hy jou onvoorwaardelik liefhet

mag die Here vir jou ‘n Maria stuur
wanneer niemand wil luister
wanneer jy ‘n oor nodig het
‘n Maria wat jou herhinner
dag of nag
dat Hy altyd daar is vir jou
dat Hy die beker reeds gedrink het

Alle regte voorbehou

Back