JOIN OUR MAILING LIST


ek voel vandag soos Jakob
tussen êrens en nêrens
moet nog my voete vind

ek voel dan ‘n teken van God
‘n roeping iewers
onseker of ek die pad sal vind

Hy sal vir my die land gee
‘n belofte gestand gedoen
ek moet net vertrou

met ander woorde Hy sal die middele gee
sodat ek die ding kan doen
vir ander ‘n helpende hand uithou

nou sit ek nog tussen êrens en nêrens
elke les tot dusver
voorbereiding vir more

Hy het vir my ‘n plekkie
iewers tussen êrens en nêrens
‘n pad vir my spore

Alle regte voorbehou

Back