JOIN OUR MAILING LIST


�n Seisoen is verby
Die son het ondergegaan
Tyd het aangestap
Onherroeplik verby

Wat maak jy as jy net weet?
Berusting of trane?
Logika skop in
My deel klaar afgemeet

Ek is klaar met hierdie hoofstuk
Het vandag klaarheid gekry
Nog �n jaar verbygetik
�n Ewigheid, tog net �n oomblik

Dis tyd vir �n nuwe begin
Sonstrale glimlag in doudruppels
Bloeisels slaan orals uit
Hoop gebore; ek bemin

Lewenservaring duur bekom
Gerank in jou wese
Saad geskiet
Hoop, my slotsom

Die oestyd is naby
Ek gaan vorentoe kyk
Groei en sterk word
Totdat die voëltjie sy vlerke sprei

Alle regte voorbehou

Back