JOIN OUR MAILING LIST


Hoe treë jy op wanneer jy vrees?
Is jy op verdediging?
Bou jy klipsteenharde mure om jou hart?

Dit alles om nie kwesbaar te wees
Eintlik �n ope uitnodiging
Sodat spyt jou kan kom tart

Soland jy wegdeins, taan jou gees
Reel eerder �n ontmoeting
Spaar jouself baie smart

Spreek vrees onder vier oë
Leer hom ken en verstaan
Met Jesus aan jou sy

Wees gereed vir al sy vertoë
Vind vrede met Jesus saam
Dis net Hy wat vrede gee

Moenie dat vrees die oorhand kry
Hoekom vergeet ons in die dale?
Ongelowige Thomas, hou jou oë op Jesus

Alle regte voorbehou

Back