JOIN OUR MAILING LIST


Die Bybel waarsku
Moenie slawe van mense word nie,
want ons is duurgekoop

Onvergifnis maak van jou �n slaaf
Bind jou met �n onsigbare tou,
vas aan die oortreder

Nou moet jy vergewe
Maar hoe?
Hoe maak mens jou los?

Slagoffers bly lê
Oorwinnaars staan weer op
Skoongewas deur Sy bloed

Jou gedagtes bind die kettings al hoe stywer
Sodat daardie seer jou later wurg
Twee groot hande om jou keel gevou

Gee jou seer vir Jesus
Hy het die beker gedrink
Vir ons sonde geword

Ons is lankal vrygekoop
Die hekke staan oop
Jy moet net daardeur loop

Vergewe en kyk vorentoe
Sny jou toue los
Spreek jou oortreder vry

Vergifnis aan die kruis verkry
Vergifnis vir jou en my
Kom ons jubel en wees bly!

Alle regte voorbehou

Back